Natuurlike satelliete van kleinplanete

Die kleinplaneet Ida en sy maan, Dactyl, soos in 1993 afgeneem deur die ruimtetuig Galileo.

’n Kleinplaneet-maan is ’n natuurlike satelliet wat in ’n wentelbaan om ’n kleinplaneet is. Daar word geglo baie asteroïdes en Kuiper-gordel-voorwerpe het mane en dat party taamlik groot is. Die ontdekking van mane om kleinplanete (en tweeledige voorwerpe in die algemeen) is belangrik omdat hul wentelbane wetenskaplikes ’n beter idee gee van die massa en digtheid van die primêre voorwerp. Dit gee dus ’n insig in die fisiese eienskappe wat nie andersins moontlik sou gewees het nie.[1] Teen November 2011 is al 200 mane van kleinplanete ontdek.[2]

  1. Dr. William J. Merline en Maria Martinez (26 Oktober 2000). "Astronomers Image Double Asteroid" (in Engels). SwRI Press Release. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2016. Besoek op 20 Oktober 2009.
  2. Wm. Robert Johnston (16 Oktober 2009). "Asteroids with Satellites" (in Engels). Johnston's Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 20 Oktober 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search